Die Hervormer

Jesus leef en ons met Hom

Paulus skryf aan die Filippense: ...om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins (Fil 1: 21). Die opstanding gee vir ons lewende hoop vir die hede en die toekoms.

Ek sou seerowers nooit as die voorbeeld van geestelike moraliteit beskryf nie. Die teendeel sou eerder waar kon wees. Seerowers was en is mense wat in opstand kom teen enige vorm van gesag en orde. Hulle het dikwels brutale en gewelddadige lewens gelei wat die sesde gebod meer as ’n riglyn beskou het. En om hul seksuele gedrag te beskryf, sou waarskynlik onvanpas wees in ’n kerklike blad.

Lees verder...

Weeg jou woorde!

Tydens die Kerstyd het ’n paar woorde wat deur ’n vrou van Durban op Facebook geplaas is, die politieke, etiese en morele landskap van ons land aan die brand gehad. Hierdie plasing en die storm daarna het ’n mens weer voor die besef gebring van hoeveel mag woorde het.

Wie het nog nie self beleef hoe ’n onnadenkende woord pyn en verdriet in jou lewe kan veroorsaak nie? Om hierdie rede is dit goed dat ons ’n slag besin oor die etiek van woorde.

Lees verder...

Hoop vir die toekoms

Gelowiges kan nie die toekoms voorspel nie. Maar ons kan op God vertrou. Niks kan God se koninkryk keer nie. Die boeke Josua en Handelinge in die Bybel is voorbeelde van hoe God se koninkryk in die wêreld versprei. Ons as kerk is in 2016 nog steeds deel daarvan.

Om deel te wees van God se kerk, gee vir ons hoop vir die toekoms. Dit maak dat ons verkennend en met geloofsoortuiging nuwe terreine sal betree en uitdagings kan aanpak.

Lees verder...

Kersfees bring vreugde én konflik

Kersfees word gekenmerk deur vreugde en konflik. So was dit met Jesus se geboorte en so is dit ook vandag nog. Deur al die eeue was dit in mindere of meerdere mate die geval.

Reeds met die bewuswording van Maria se swangerskap hoor ons haar loflied: Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het (Luk 1: 46-48). So ook die loflied van Sagaria en Simeon in Lukas 1 en 2. Daarna was dit die engel wat die skaapwagters verseker van die goeie tyding wat hy vir hulle bring, en toe ’n menigte engele wat saam met hom sing: Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het!

Lees verder...

Evolusieteorie en die gelowige

Met die ontdekking van Homo naledi het die evolusieteorie weer sterk onder die soeklig gekom. Hoe raak dit ons wat binne die Christelike geloofstradisie staan? As ons van ape afstam, hoe maak ons sin van Genesis 1 en 2 wat uitdruklik praat van die skepping van afsonderlike spesies en van God die Skepper? Hoe waar is evolusie? Is dit nie maar net ’n teorie nie?

Wanneer ons in die wetenskap met nuwe verklarings oor sake wil kom, word dit eers voorlopig, tentatief, as waar aanvaar. Dit moet nog eers deeglik getoets word. Dit staan bekend as ’n hipotese. As die hipotese deeglike toetsing deurstaan, word dit ’n feit of ’n teorie. ’n Teorie is ’n raamwerk van verklaring. Evolusie is nou so ’n getoetste teorie soos die relatiwiteitsteorie van Einstein. Na Charles Darwin is evolusie oor en oor getoets en bevestig. Dit word ook onder mikroskope direk waargeneem. Mense en diere stem duidelik ooreen ten opsigte van DNS, skelet, bloed, brein, voortplanting, vesels, sig, gehoor en spiere. Die ooreenkomste is nie toevallig nie. Slegs evolusie maak sin daarvan. Die evolusieteorie sê nie dat mense van ape afstam nie, maar dat mense en die groot ape van ’n gemeenskaplike voorganger afstam. 

Lees verder...