Die Hervormer

Die Hervormer

AMPTELIKE MONDSTUK VAN DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK VAN AFRIKA

 

Redakteur

Ds Willem Sauer


Subredakteurs
Ds Etienne Fourie
Dr Johan van Staden


Produksieredakteur
Mev Tessa Oppermann


Redaksie
Ds Etienne Fourie
(voorsitter)
Dr Anet Dreyer-Krüger
Dr Elritia le Roux

Ds Elmien Knoetze

Mev Christa Clifton
Dr Wouter van Wyk
(sekretaris: SENTIK)

 

Grafies
 Mev Francis Nel

Mnr Hugo van Niekerk


Administrasie
Mev Sanell van Vuuren


Uitgewer
SENTIK
Nederduitsch Hervormde
Kerk van Afrika
Posbus 2368
PRETORIA
0001
Tel 012 322 8885
Faks 012 322 7906
sentik@nhk.co.za

 

By die Hoofposkantoor as
nuusblad geregistreer
ISSN 0259-949X


Individuele intekening

(gedrukte kopie)
R110 vir 11 uitgawes
R15 per individuele eksemplaar

 

Drukkers

Seriti Printing
Pretoria


Die redaksie aanvaar
verantwoordelikheid vir die
inhoud. Menings deur skrywers
uitgespreek, is egter
nie noodwendig die beleid
of standpunt van die
Hervormde Kerk nie.

Stille barmhartigheid

’n Baie meer senior dominee as ekself het eenmaal, toe ek Gesang 526 as votum by ’n opening van ’n ringsvergadering gebruik het, my na die tyd eenkant toe geneem en gesê dat ek ’n baie groot fout begaan het. Hy het verduidelik dat ek nie mag sê dat daar waar daar liefde en deernis is, is die Here ons God nie. Ek moes eerder sê daar waar die Here ons God is, is daar liefde en deernis.

Dit het my al baie laat wonder. Ek dink hierdie saak is soos die spreekwoordelike vraag oor die hoender en die eier: Wat is eerste? Ons as gelowiges weet tog dat liefde en deernis nie moontlik is as God nie teenwoordig is nie, want liefde en deernis, sonder God, is welsynwerk, nie barmhartigheidswerk nie. En tog, daar waar daar liefde en deernis is, sien jy God se teenwoordigheid in die handeling van liefde en deernis. Daar word jy, soos Moeder Teresa in een van die bydraes in hierdie uitgawe aangehaal word, een van God se vingers.

’n Mens sou sekerlik baie oor die Kerk se diens van barmhartigheid kon praat. Maar soos ds Neels van Tonder dit stel, ’n groot deel van die barmhartigheidswerk in die kerk is “stil” barmhartigheid. Ons neem Matteus 6: 3 tog baie ernstig op waar ons lees dat die linkerhand nie moet weet wat die regterhand doen nie.

Toe ’n kerkgenootskap ’n klompie jare gelede in die Kerstyd aankondig dat hulle R300 000 se skoene vir minderbevoorregte mense gegee het, het ’n lidmaat gevra: Wat doen óns Kerk? Ek het rustig met hom gaan sit en hom gewys op hoeveel geld vir Rata, die DPS-huise, TOIBO, die tehuise vir bejaardes en ander gaan. Sy volgende vraag was: Hoekom lees ons niks daarvan in die koerante nie?

Hoekom nie? Want daar waar ons uitreik na ons mense, en waar die wêreld gedryf word deur ons liefde vir ons Here God wat teenwoordig is in ons barmhartigheidswerk, gaan dit nie oor wat ons doen of gee nie, maar oor God wat dit moontlik maak sodat ons, as “sy vingers”, kan optree.

Ekself het nog nooit met my eie oë ’n engel met inkopiesakkies by ’n gesin met behoefte uit die hemel sien neerdaal nie, maar ek het al gesien hoe ’n gelowige, wat glo hy/sy is maar net ’n vinger van God, met kos opdaag, trane afdroog, ’n skouer gee om op te huil, sommer net daar is waar hulp en bemoediging die nodigste is…

En tog, tog kan ek nie ophou om te wonder nie of ons genoeg doen, of ons as Kerk werklik elke geleentheid gebruik om ’n verskil te maak in die lewens van mense wat hulp nodig het. Ek wonder soms of ons as Kerk by al die adresse uitkom. Ons het goeie steun aan bejaardes en kinders in tehuise vir bejaardes en DPS-huise, maar is ons steun aan die bejaarde in haar eie huis of die behoeftige kind tuis genoeg?

Kyk ons werklik verby die verslete stuk karton en sien die mens agter die karton by die robot raak?

Iemand het eenmaal gesê dat hoewel die Bybel baie goed verkoop, is die enigste Bybel wat baie mense daar buite ooit gaan lees ek en jy as gelowige kinders van God. Sien die wêreld daar buite genoeg van die liefde en deernis in ons optrede en ons uitreik na diegene in nood? Kan buitestanders God se teenwoordigheid in die liefde en deernis van ons saamloop met mense sien?

Baie geluk aan die nuutverkose bestuur van die ADV. Mag die Here God julle met wysheid seën om ons as Kerk in hierdie baie belangrike deel van kerkwees voor te loop.

Ons innige meegevoel met die familie van diaken Hans Janse van Rensburg. Hy was iemand wat werklik verstaan het wat liefde en deernis beteken. Iemand wat nie teruggedeins het as dit gekom het by hulp aan mense in nood nie.

In hierdie uitgawe deel ds Danie Taljard ook ’n bietjie meer oor die navorsing wat hy vir ’n Meestersgraad gedoen het oor leierskapsopleiding en predikante. Hoewel die opskrif vreemd mag klink, maak wat hy skryf baie sin in ’n wêreld waar meer doelgerigte leiding in die kerk nodig is.

Ds Kobus Pienaar deel met ons ’n verhaal oor ’n reis wat hy en sy vrou deur Indië onderneem het. Hy noem sy verhaal Op reis deur Indië – ’n verruimde ervaring oor verdraagsaamheid. Hy deel iets van sy ervaring.

Prof Wim Dreyer deel weer kosbare sketse uit die geskiedenis van ons Kerk.

En Oupa Stoep leer ons iets van die gebed voor en na die preek in die konsistorie. En wees maar versigtig wie jy vra om te bid...