Die Hervormer

Reformasie en kerkregering

Die interessante Nederlander dr Oepke Noordmans (1871-1956) het ’n besondere kerkregtelike bydrae gelewer in die Nederlandse Hervormde Kerk se stryd om ’n nuwe kerkorde wat eintlik reeds in 1816 begin en eers op 1 Mei 1951 realiseer wanneer dié Kerk uiteindelik ’n nuwe kerkorde in gebruik neem.

Dié kerkorde het ook neerslag gevind en invloed uitgeoefen in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika aangesien die ontwerp wat die 1951 Kerkorde van die Nederlandse Hervormde Kerk voorafgaan, gebruik is in die nuwe Kerkwet van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika van 1951. Daar was twee redes waarom die Nederlandse hervormers nie met die Kerkorde van Dordt 1618-1619 volstaan het nie, naamlik die na binne gerigtheid en die invloed wat die owerheid in kerklike sake uitgeoefen het.

Read more ...

Philipp Melanchthon oor die drie-enige God

Die leer oor die drie-enige God was in die beginjare van die Reformasie ’n saak wat nie bespreking uitgelok het nie. Die Reformatore het die beslissings van die Vroeë Kerk oor die Drie-eenheid kritiekloos aanvaar.

Philipp Melanchthon, wat die opsteller van die rigtinggewende Augsburgse Geloofbelydenis (1530) was, het in Artikel 1 die volgende geskryf: Ons kerke leer met algemene instemming dat wat die Konsilie van Nicea oor die eenheid van die Goddelike wese en die drie onderskeie persone geleer het, absoluut waar is. Dít is wat sonder enige twyfel geglo moet word... Een jaar later skryf hy in die Apologie van die Augsburgse Geloofbelydenis die volgende oor die belydenis aangaande die drie-enige God: Ons het hierdie artikel nog altyd geleer en verdedig. Ons glo dat dit op egte en stewige Bybelse argumente berus, wat nie verwerp kan word nie. Ons argumenteer konstant dat diegene wat anders [oor God] dink, buite die kerk van Christus is, en afgodsdienaars is en God beledig. Eers ’n paar maande ná die publisering van die Apologie, was Melanchthon genoodsaak om aan hierdie leerstuk aandag te gee. Melanchthon het in die eerste hoofstuk van sy Loci Praecipui Theologici (Die Belangrikste Teologiese Onderwerpe) aandag gegee aan die Triniteitsleer.

Read more ...

Spotprente en ander illustrasies (3)

Spotprente en ander illustrasies het ’n belangrike rol in die 16de-eeuse mediaveldtog gespeel ten einde temas in die heersende godsdiensdebat na die (dikwels ongeletterde) massas te neem.

Read more ...

Martin Luther se 95 stellings (41-50)

Vanweë ’n liefde vir die waarheid en ’n diepe begeerte om dit behoorlik toe te lig, verklaar eerwaarde vader Martin Luther, Magister in die Vrye Kunste en die Heilige Teologie en daarin ’n gewone hoogleraar te Wittenberg, hiermee dat die onderstaande stellings onder sy voorsitterskap gedebatteer gaan word alhier. Derhalwe versoek hy diegene wat nie teenwoordig kan wees om mondelings debat te voer nie, om dit skriftelik te doen. In die Naam van ons Here Jesus Christus. Amen.

Read more ...

Martin Luther oor die werk van die Heilige Gees

Luther maak ’n onderskeid tussen die Heilige Gees as Persoon en as Gawe. Luther sien verder ’n verband tussen die Christologie (die leer oor Jesus Christus) en Pneumatologie (die leer oor die Heilige Gees).

Die verskillende disputasies, veral ten opsigte van die Nagmaal, het Luther daartoe gebring om die verband tussen hierdie twee sake in te sien. Die gawe van die Liggaam van Jesus Christus is ook ’n geestelike gawe. Die Heilige Gees, net soos die Heilige Nagmaal, net soos die vleesgeworde Woord van God, maak duidelik dat daar nie ’n teenstrydigheid tussen liggaam en gees in Luther se denke bestaan het nie.

Read more ...